Gebruik | Burgerlike vlag |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 6 Desember 1985[1] |
Ontwerp | Vier driehoeke in rooi (twee bo) en blou (twee onder) met ’n wit ruit in die middel wat tot op die kant van die vlag strek en ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die ruit. |
Die vlag van Saba is op 6 Desember 1985 amptelik in gebruik geneem. Hierdie dag word ook “Dag van de Vlag” genoem. Dit beteken letterlik vlagdag en hierdie dag word gevier op ses voormalige eilande van die Koninkryk van die Nederlande wat aan die Nederlandse Antille behoort het. Dit is ’n vakansiedag waar daar baie amptelike seremonies is en die vlag vertoon word. Die vlag vertoon vier driehoeke in rooi (twee bo) en blou (twee onder) met ’n wit ruit in die middel wat tot op die kant van die vlag strek en ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die ruit.